Wat is Ontdekkers?
Dit is ’n gestruktureerde, Afrikaanse leerprogram wat spesifiek ontwerp is vir tuisskoolkinders tussen 7 en 9 jaar. Dit neem kinders op ’n betekenisvolle reis deur stories, mense, plekke en gebruike regoor die wêreld – alles deur die lens van ontdekkers.
Die program bestaan uit 15 leerervarings met 'n gepaardgaande byeenkoms op Google Meet (45–60 minute elk). Groepe bly klein (slegs 12 maats!) en gefokus sodat elke kind veilig kan deelneem, vrae kan vra en sy/haar stem kan laat hoor. Elke ontdekker sal sy/haar eie Reisigersgids en Paspoort ontvang sodat hulle elke tog slaggereed kan aanpak.
Die program is nie 'n volledige kurrikulum nie, maar eerder 'n verrykende leerervaring wat kennis en vaardighede vanuit talle vakareas op 'n interessante en outentieke wyse integreer.
Die hele ervaring geskied uitsluitlik in hoë-gehalte Afrikaans en kos R2 800,00 per kind. Die aanlyn sessies sal weekliks plaasvind en datums hiervoor sal met registrasie bekend gemaak word.